|
Theunis
(a1) gebore ongeveer tussen 1670-1675, oorlede te Stellenbosch
ongeveer tussen 23 Des 1732-30 Mar 1733, getroud 17
Mei 1711 met Justina CLEEF. Sy is gebore ongeveer 1697,
oorlede einde 1732, dogter van Nicolaas Cleef van Groszsalze
in Duitsland en Barbara le Febre van Fleurbaix in Waals-Vlaandere.
Dit
is nog onduidelik wie Theunis (a1) se ouers was. Volgens
J.H. Redelinghys stam Theunis de Bruyn af van 'n sekere
Floris de Bruen, wat in Brabant gebore is en op 14 Apr
1639 in Gorinchem oorlede is. Hierdie beweering is waarskynlik
onjuis, want Theunis word nie in die gepubliseerde geslagregister
van Floris de Bruen (de Bruyn)
se afstammelinge genoem nie.
Bron:
Geslagregister De Bruyn-De Bruin-Du Bruyn (G.F.C de
Bruyn)
|