|
Daar
kon egter nog nie vas gestel word waar Theunis (a1)
oorspronklik van daan af kom nie of wie sy ouers is
nie, alhoewel dit bekend is dat hy 'n soldaat aan die
VOC was in dokumente gedateer 1692.
Die
beweering dat hy 'n seun van Floris de Bruen is, is
vir my hoogs onwaarskynlik aangesien volgens ons familie
wapen - drie silver visse op blou elkeen bo mekaar met
'n helmteken van blou en silver - ek slegs een ooreenstemmede
wapen in Nederland kon opspoor tot dus ver.
Die
wapen van Centraal Bureau voor Genealogie, behoort aan
Frank (Franco) de Bruijn, gebore 2 Des 1608 te Gorinchem
en oorlede 5 Feb 1673 te Gorinchem.. Ongelukkig kon
ek nog nie sy nageslag bestudeer nie en is dus nog nie
seker nie.
Jan
Jansen (a2) en Hendrik (a3) se voorouers is ook moeilik
om op te spoor, aangesien die volgende stap om dit te
doen is om letterlik Nederland en Duitsland toe te gaan
om die inligting in dokumente te verkry.
Daar
is ook dan die de Bruyn/de Bruin en du Bruyn kwessie.
Ons moet net onthou bitter min mense van die 15de eeu
was geletterd en soms het ander mense namens hulle die
skryfwerk gedoen. Dus kon een persoon de Bruyn geskryf
het en die volgende de Bruin. Dit is eers meer onlangs
dat daar 'n defnitiewe verskil tussen die vanne is wanneer
mense begin aandring het op die spelling.
|